GROEPE:

Wie is ek? bied vanaf Oktober 2017 groepsterapie in die vorm van terapeutiese ondersteuningsgroepe aan. Elke groep word deur twee ervare, geregistreerde sielkundiges gefasiliteer. Persone wat tans individuele terapie by ‘n psigiater en/of sielkundige ontvang, asook individue wat slegs groepsterapie wil ondergaan, kan om die volgende aansoek doen:

  1. Groepe gerig op angs en depressie.
  2. Groepe gerig op verslawing.

Bestaande verslawingsgroepe:
Verslaafdes herstel - Dinsdae 10:00
Ondersteuning groep vir families - Dinsdae 13:00
Vir meer informasie stuur asseblief 'n e-pos na admin@wieisek.co.za of skakel ons kantoor by +27 21 883 3272

Wie is ek? bied ook groepsgedrewe intervensie aan, wat op persoonlike groei gerig is. Hierdie intervensie neem 12 persone per groep vir ‘n periode van ses maande, en individue word vooraf geselekteer. Die groep word deur Louis en Lise gefasiliteer en behels ‘n unieke proses van persoonlike ontwikkeling.

Wie is ek? leer jou wie jy is, hoe jy die wêreld om jou ervaar en waar jy veranderinge teweeg kan bring om ‘n gelukkiger jy te wees.

Vir meer besonderhede oor enige van hierdie groepe, kontak ons per e-pos by admin@wieisek.co.za of skakel ons kantoor by +27 21 883 3272