EETVERSTEURINGS

WAT IS EETVERSTEURINGS?

Eetversteurings verwys na toestande wat gekenmerk word deur onreëlmatige eetgewoontes, asook ‘n groot bekommernis oor gewig en liggaamsvoorkoms. Eetversteurings wissel van die beperking van kosinname tot oormatige kosinname, geforseerde braking, oormatige oefening en onnodige gebruik van purgasiemiddels.

Eetversteurings is ingewikkeld om te verstaan en die oorsake daarvan kan nie met sekerheid vasgestel word nie. ‘n Lae selfbeeld, sielkundige probleme in die gesin en traumatiese gebeure in die verlede, veral seksuele molestering, kan ‘n rol speel. Die media (televisie en films) wat meestal ‘n “ideale” beeld voorhou van hoe ‘n mens “veronderstel is om te lyk”, bv. in die modelwệreld, kan ‘n bykomende oorsaak wees.

Eetversteurings kan gesinne baie swaar laat kry. Daar word beraam dat ongeveer een miljoen mense in Suid-Afrika aan ‘n eetversteuring ly, waarvan die grootste persentasie onder tieners is, veral tienermeisies.

{ Hoe kan ons jou help? }

Vra ons span

Vra gerus vir die wie is ek?-span deur op die onderstaande skakel te druk. Jou vraag sal so gou as moontlik beantwoord word of maak gerus 'n afspraak by ons praktyk.

Vra die wie is ek?-span

Facebook

WATTER VERSKILLENDE EETVERSTEURINGS KAN VOORKOM?

Breedweg kan ‘n mens eetversteurings in drie tipes onderverdeel:


  • Anoreksie
    Persone wat hieraan ly, het ‘n obsessie met hul gewig. Hulle lê hulle daarop toe om nie gewig op te tel nie; hulle weier om ‘n gesonde liggaamsgewig te behou en het ‘n onrealistiese persepsie van hulle liggaamsbeeld. Hulle sal die hoeveelheid kos wat hulle inneem ten alle koste beperk en beheer, en sal hulself as oorgewig beskou terwyl hulle duidelik ondergewig is.
  • Bulimie
    Bulimie word gekenmerk deur herhaalde oor-eet, gevolg deur gedrag wat daarvoor moet “opmaak”, bv. geforseerde braking, oormatige oefening en onnodige gebruik van purgasiemiddels. Mans, vroue en tieners wat hierdie toestand ervaar, het ‘n erge vrees om gewig op te tel en is uiters ongelukkig met hul liggaamsvorm en -voorkoms. Oor-eet en braking of oefening, ens. word meestal in die geheim gedoen, wat op hulle beurt intense skuldgevoelens veroorsaak.
  • Oor-eet (“binge eating”)
    Persone wat hieraan ly, verloor gereeld beheer oor die hoeveelheid wat hulle eet, maar verskil van Bulimie-lyers in dié opsig dat hulle nie daarvoor probeer kompenseer nie. Die meeste mense wat hieronder gebuk gaan, sukkel normaalweg ook met oormatige gewig, vetsug en gepaardgaande fisieke probleme.

LOUIS EN LISE BESPREEK Eetversteurings

LISE: Wanneer ‘n mens oor eetversteurings praat, kan jy dit amper op ‘n skaal voorstel: ooreet aan die een kant, en streng beheer oor kosinname (anoreksie en bulimie) aan die ander kant. Wat veroorsaak anoreksie en bulimie?
LOUIS ANTWOORD: Eetversteurings is ingewikkeld om te verstaan, en daar is nie presiese sekerheid oor die oorsake nie. ‘n Lae selfbeeld, traumatiese gebeure in die verlede, veral seksuele molestering, en konstante sielkundige probleme in gesinne speel elkeen ‘n rol. Dit is ook so dat die media (televisie, films, tydskrifte) ‘n oorwegend “ideale” beeld voorhou van hoe ‘n mens “veronderstel is om te lyk”, bv. in die modelwệreld.
LISE VRA: Wat is die verskil tussen anoreksie en bulimie?
LOUIS: Persone wat aan anoreksie ly, het ‘n obsessie met hul gewig. Hulle wil nie gewig optel nie, weier om ‘n gesonde liggaamsgewig te behou en het gewoonlik ‘n onrealistiese siening van hul liggaamsbeeld. Die meeste mense wat hiermee sukkel, sal die hoeveelheid kos wat hulle inneem ten alle koste beperk en beheer en hulleself as oorgewig beskou terwyl hulle duidelik ondergewig is. Anoreksie kan op die lang duur tot orgaanprobleme, breinbesering en hartversaking lei. Die risiko om aan anoreksie te sterf is groter as met ander eetversteurings. Dit kom die meeste by tienermeisies en jong vroue voor, veral tussen die ouderdomme van 16 en 20. Bulimie word gekenmerk deur herhaalde oor-eet, gevolg deur gedrag wat daarvoor moet kompenseer. Geforseerde braking, oormatige oefening en onnodige gebruik van purgasiemiddels is die mees algemene gedrag. Omdat mans en vroue wat hieraan ly erg ongelukkig voel oor hulle liggaamsvorm en -voorkoms, is hulle baie bang om gewig op te tel. Oor-eet en braking/oefen, ens. word meestal in die geheim gedoen, wat intense skuldgevoelens tot gevolg het. Bulimie is eweneens gevaarlik vir ‘n mens se gesondheid, want dit kan tot dehidrasie, maag- en hartprobleme lei.
LISE: Wat is die simptome waarvoor ‘n mens moet uitkyk?
LOUIS ANTWOORD: Ek wil net eers daarop wys dat ‘n amptelike diagnose slegs deur ‘n gekwalifiseerde persoon gemaak mag word. Die anoreksie-simptome wat wêreldwyd aanvaar word om ‘n diagnose te kan maak, is die volgende:
  • Gewig is konstant minder as 85% van die verwagte liggaamsmassa vir lengte en ouderdom.
  • ‘n Intense vrees om “vet” te wees, selfs as hy of sy ondergewig is.
  • ‘n Onrealistiese liggaamsbeeld en oormatige klem op en invloed van liggaamsgrootte en liggaamsbou op die selfbeeld. Ontken die erns van ondervoeding.
  • Geassosieerde fisieke siekte met verhongering (bv. amenoree vir langer as 3 maande, of menstruasie slegs ná estrogeentoediening).
Vir iemand om met bulimie gediagnoseer te word moet die volgende simptome voorkom:
  • Herhalende oor-eetsessies. Sulke sessies sluit albei die volgende elemente in:
  • “Private” eetsessies waarin hy of sy baie meer kos inneem as wat die meeste mense in dieselfde tyd sou inneem.
  • `n Gevoel van verlies aan beheer gedurende die eetsessie (`n gevoel dat hy of sy nie kán ophou eet of beheer het oor die hoeveelheid wat geëet word nie).
LISE: Dit is duidelik dat hierdie toestande fisiek baie gevaarlik vir die persoon kan wees. Ouers behoort tieners se privaatheid te respekteer, maar as ‘n mens in ag neem dat eetversteurings se gedrag meestal “in die geheim” plaasvind, kan ouers tog nie die simptome ignoreer as hulle dit by hul kinders opmerk nie. Dis dus ‘n baie ernstige saak, en ‘n mens behoort onmiddellik te reageer as jy daarvan bewus word.

ANOREKSIE

Persone wat aan anoreksie ly, het ‘n obsessie met hul gewig. Hulle lê hulle daarop toe om nie gewig op te tel nie, weier om ‘n gesonde liggaamsgewig te behou en het ‘n onrealistiese persepsie van hulle liggaamsbeeld. Hulle sal die hoeveelheid kos wat hulle inneem ten alle koste beperk en beheer, en sal hulleself as oorgewig beskou terwyl hulle duidelik ondergewig is. Anoreksie kan ‘n gevaarlike impak op iemand se gesondheid hệ, want in ‘n gevorderde stadium kan dit lei tot orgaanprobleme, breinbesering en hartversaking. Die risiko om weens anoreksie te sterf is groter as met ander eetversteurings. Anoreksie kom die meeste by tienermeisies en jong vroue voor, normaalweg tussen die ouderdomme van 16 en 20.

Het jy geweet?

  • Ongeveer een persent (1%) van tienermeisies ly aan anoreksie voor die ouderdom van 18.
  • Meisies is 90% meer geneig om anoreksie te ontwikkel as seuns.
  • Anoreksie neem meestal ‘n aanvang tussen vroeë adolessensie en jong volwassenheid.

Navorsing oor die toestand duur steeds voort, maar ‘n kombinasie van medikasie en pisgoterapeutiese behandeling (om ‘n sielkundige te gaan sien), kan die simptome grootliks verlig en lewenskwaliteit verbeter.

WAT IS DIE SIMPTOME VAN ANOREKSIE?

Die volgende simptome is ‘n aanduiding, gegrond op die Diagnostical and Statistical Manual of Mental Disorders, wat wêreldwyd aanvaar word as die mees gesaghebbende bron. Let asb. daarop dat ‘n amptelike diagnose slegs deur ‘n gekwalifiseerde persoon gemaak mag word.

Om diagnoseerbaar te wees moet die volgende simptome voorkom:

Belangrik

Ons almal fokus soms op ons gewig en gesondheid, maar dit beteken nie dat ons almal die toestand van anoreksie ervaar nie. Dis egter belangrik om jouself of jou geliefdes dop te hou as ligte tekens meer gereeld voorkom.
  • Onvermoë om liggaamsmassa bo die minimum verwagte massa vir lengte en ouderdom te handhaaf; minder as 85% van verwagte liggaamsmassa.
  • Intense vrees om gewig op te tel en “vet” te wees, selfs as die persoon ondergewig is.
  • Persepsieversteuring van liggaamsbeeld, en oormatige klem op en invloed van liggaamsgrootte en bou op die selfbeeld. Ontken die erns van ondervoeding.
  • Geassosieerde fisieke siekte sekondêr tot verhongering (bv. amenoree vir langer as 3 maande, of menstruasie slegs ná estrogeentoediening).

Wenk

Sekere mense is van nature meer daartoe geneig om slank te wees. Dit beteken nie hulle is diagnoseerbaar met anoreksie nie. Wees altyd op die uitkyk vir patroonverandering; met ander woorde, wanneer jy of ‘n geliefde vir meer as drie maande nie dieselfde voel, dink of optree soos hulle normaalweg sou optree nie.

Anoreksie kan verder onderskei word deur:

  • Beperkende tipe.
    Die persoon beheer nie sy of haar inname van ledigingsprosedures nie, bv. selfgeïnduseerde braking of gebruik van lakseermiddels, enemas en diuretika.
  • Ooreet/ledigingstipe.
    Die persoon het in die huidige anoreksiesiklus gereelde episodes van oor-eet en ledigingsessies (“binge/purge”).

Belangrik

Anoreksie kom nie net onder tienermeisies voor nie; enigiemand vanaf die ouderdom van 12 kan eetsteurnisse ervaar. Ouers van kinders en tieners, asook die kinders van bejaardes, moet dus bewus wees van die simptome.

BEHANDELING VAN ANOREKSIE

1. Hoekom is behandeling nodig vir anoreksie?
Dit is belangrik vir iemand met ‘n ernstige eetversteuring soos anoreksie om hulp te kry. Om jouself, sonder hulp, van die toestand te bevry, is ontsettend moelik. Mediese, sowel as sielkundige en psigiatriese hulp, is noodsaaklik in die behandeling van ‘n eetversteuring.

Wat kan EK doen om my siekte te bestuur?

  • Bou kennis op oor anoreksie (vra jou dokter, lees oor die siekte, vra vrae tot jy verstaan).
  • Gereelde fisieke oefening is ‘n suksesvolle anti-depressant, soos deur navorsing bewys.
  • Eet gesond.
  • Slaap genoeg.
  • Verminder stresfaktore sover dit binne jou beheer is.
  • Psigoterapie by ‘n opgeleide sielkundige kan jou belangrike vaardighede leer om anoreksie te beheer.

2. Wie kan my of ‘n geliefde diagnoseer?
Omdat anoreksie so kompleks is sou ons jou aanraai om jou slegs deur ‘n kliniese sielkundige of psigiater te laat toets en diagnoseer. Hulle is opgelei om tussen die verskillende toestande te onderskei.

3. Watter rol speel ‘n sielkundige in my behandeling?
‘n Sielkundige kan anoreksie diagnoseer en psigoterapeuties behandel. Dit beteken dat hy of sy jou kan help verstaan wat jou diagnose is, hoe om daarmee saam te leef en hoe om ‘n strategie toe te pas wat tot gedragsverandering kan lei. ‘n Sielkundige in Suid-Afrika mag nie medikasie voorskryf nie en werk gewoonlik saam met ‘n psigiater in spanverband.

ADVIES VIR GELIEFDES EN FAMILIELEDE WAT SAAM MET IEMAND WOON OF WERK WAT GEDIAGNOSEER IS MET ANOREKSIE.

As ‘n geliefde of vriend(in) gediagnoseer word met anoreksie, kan jou ondersteuning en motivering ‘n baie belangrike rol speel in die aanvaarding en hantering van hul diagnose. Hier is riglyne hoe jy ‘n individu kan bystaan:

  • Wees geduldig. Mense wat onder ‘n eetversteuring gebuk gaan, het nie altyd die vermoë om te sê hoe hulle voel of wat hulle ervaar nie. Gee hulle ‘n kans om eers gewoond te raak aan die diagnose en om geleidelik ‘n konkrete plan te kan uitwerk van hoe hulle lewe van nou af bestuur gaan word.
  • Wees ingelig deur kennis op te bou oor anoreksie. Hoe meer jy en jou geliefde, familielid of kollega van die siekte weet en verstaan, hoe meer kan julle saamwerk aan hoe jy die persoon gaan ondersteun en hoe julle die siekte gaan bestuur.
  • Vra wat jou geliefde van jou nodig het. ‘n Mens kan maklik dink jy weet wat die beste vir ‘n ander persoon is, maar die maklikste is om te vra hoe hy of sy wil hê jy moet optree.
  • Luister, eerder as om konstant advies te gee of met logika te probeer redeneer. Dit is belangrik dat die persoon self verantwoordelikheid neem vir die siektetoestand en die effek wat dit op sy of haar lewe gaan hê. Wanneer iemand keuses namens iemand anders maak, kan dit dalk veroorsaak dat die persoon afhanklik raak van die helper en dan nie self die siekte wil beveg nie. Dit is nie jóú siektestoestand nie, maar jou geliefde s’n. Luister is wel ‘n wonderlike manier om jou geliefde te ondersteun.
  • Leer ken die simptome sodat jy vroegtydig kan optree. Almal se simptome van anoreksie manifesteer nie op dieselfde manier nie, so dit is baie belangrik om te verstaan hoe die persoon in jou lewe se simptome manifesteer. Wanneer jou geliefde byvoorbeeld aansienlik minder begin eet as ander tye, kan jy solank sekere maatreëls begin toepas.
  • Doen fisieke aktiwiteite saam met die individu. Dit is ‘n cliché, maar gereelde oefening help mense met sielkundige diagnoses. Dit verlig spanning en angstigheid, en help met die produksie van oodragstowwe wat lae gemoed beveg. Gereelde oefening is dus eintlik ‘n suksesvolle anti-depressant. Onthou wel dat oefening beperk of gestop moet word in gevorderde stadiums van anoreksie om verdere gewigsverlies te voorkom.
  • Moedig ‘n gesonde eet- en slaappatroon aan. ‘n Gevestigde roetine help nie net die persoon om hul siekte te bestuur nie, maar help ook om tekens/simptome vroegtydig raak te sien.
  • Kyk mooi na jouself! Onthou, ‘n persoon met gediagnoseerde anoreksie in jou lewe kan jou ook negatief beïnvloed deur jou te betrek by hul versteuring. Om saam met ‘n persoon te leef wat gediagnoseer is met anoreksie kan frustrerend, uitputtend en soms chaoties voel. Maak tyd vir jouself ook.

BULIMIE

Bulimie word gekenmerk deur herhaalde oor-eet, gevolg deur gedrag wat daarvoor moet “opmaak”, bv. geforseerde braking, oormatige oefening en onnodige gebruik van purgasiemiddels. Mans, vroue en tieners wat hieraan ly, het ‘n erge vrees om gewig op te tel en is uiters ongelukkig met hul liggaamsvorm en -voorkoms. Oor-eet en braking/oefen, ens. word meestal in die geheim gedoen, wat op hulle beurt intense skuldgevoelens veroorsaak. Bulimie kan baie gevaarlik vir ‘n persoon se gesondheid wees omdat dit dikwels tot dehidrasie, maag- en hartprobleme lei.

Belangrik

Ons almal eet soms te veel, selfs vir lang rukke, maar dit beteken nie dat ons almal aan bulimie ly nie. Dis egter belangrik om jouself of jou geliefdes dop te hou as ligte tekens meer gereeld voorkom.

Navorsing oor die toestand duur steeds voort, maar ‘n kombinasie van medikasie en psigoterapeutiese behandeling (om ‘n sielkundige te gaan spreek), kan die simptome grootliks verlig en lewenskwaliteit verbeter.

WAT IS DIE SIMPTOME VAN BULIMIE?

Die volgende simptome is ‘n aanduiding, gegrond op die Diagnostical and Statistical Manual of Mental Disorders, wat wêreldwyd aanvaar word as die gesaghebbendste bron. Let asb. daarop dat ‘n amptelike diagnose slegs deur ‘n gekwalifiseerde persoon gemaak mag word.

Het jy geweet?

  • Bulimie was dekades lank slegs ‘n “blanke-vrou-versteuring”, maar die statistiek toon nou dat daar ‘n toename is in swart tieners met bulimie.
  • Suid-Afrikaanse navorsing het onlangs gewys dat skoolmeisies tussen 15 en 18 dieselfde vatbaarheid vir die ontwikkeling van eetsteurnisse het. Byna 19% van meisies in hierdie ouderdomsgroep word geaffekteer.

Om diagnoseerbaar te wees moet die volgende simptome voorkom:

  • Herhalende oor-eetsessies. Sulke sessies vertoon die volgende kenmerke:
  • ‘n Eetsessie binne `n diskrete tyd van bv. twee ure, waarin die persoon duidelik groter volume voedsel inneem as wat die meeste mense binne ‘n soortgelyke tydsduur en in soortgelyke omstandighede sou inneem.
  • 'n Gevoel van verlies aan beheer gedurende die episode (`n gevoel dat hy of sy nie kán ophou eet of beheer het oor die hoeveelheid wat geëet word nie).
  • Herhalende, ontoepaslik kompenserende gedrag om massatoename te voorkom, bv. braking, misbruik van lakseermiddels, enemas, diuretika en ander medikasie, asook oormatige oefening of selfweerhouding van enige voedselinname.
  • Die oor-eetsessies en kompenserende gedrag vind ten minste twee maal per week plaas en hou vir ‘n tydperk van drie maande aan.
  • Self-evaluasie word buitensporig beïnvloed deur liggaamsbou en –grootte.
  • Die eetversteuring kom nie net gedurende `n episode van bulimie voor nie.

Belangrik

Bulimie kom nie net onder tienermeisies voor nie; enigiemand vanaf die ouderdom van 12 jaar kan bulimie ervaar. Dus moet ouers van kinders en tieners, en kinders van bejaardes, ook bewus wees van die simptome.

BEHANDELING VAN BULIMIE

1. Hoekom is behandeling nodig vir bulimie?
Dit is belangrik vir iemand met ‘n ernstige eetversteuring soos bulimie om hulp te kry. Om jouself sonder hulp van die toestand te bevry, is uiters moeilik. Mediese sowel as sielkundige en psigiatriese hulp, is noodsaaklik in die behandeling van ‘n eetversteuring.

Wat kan EK doen om my siekte te bestuur?

  • Bou kennis op oor bulimie (vra jou dokter, lees oor die siekte, vra vrae tot jy verstaan).
  • Gereelde fisieke oefening is ‘n suksesvolle anti-depressant, soos deur navorsing bewys.
  • Eet gesond.
  • Slaap genoeg.
  • Verminder stresfaktore sover dit binne jou beheer is.
  • Psigoterapie by ‘n opgeleide sielkundige kan jou belangrike vaardighede leer om bulimie te beheer.

2. Wie kan my of ‘n geliefde diagnoseer?
Omdat bulimie so kompleks is, sou ons jou aanraai om jou slegs deur ‘n kliniese sielkundige of psigiater te laat toets en diagnoseer. Hulle is opgelei om tussen verskillende eetversteurings te onderskei.

3. Watter rol speel ‘n sielkundige in my behandeling?
‘n Sielkundige kan bulimie diagnoseer en psigoterapeuties bahandel. Dit beteken hy of sy kan jou help verstaan wat jou diagnose is, hoe om daarmee saam te leef en hoe om ‘n strategie toe te pas wat tot gedragsverandering kan lei. ‘n Sielkundige in Suid-Afrika mag nie medikasie voorskryf nie en werk gewoonlik saam met ‘n psigiater in spanverband.

ADVIES VIR GELIEFDES EN FAMILIELEDE WAT SAAM MET IEMAND WOON OF WERK WAT GEDIAGNOSEER IS MET BULIMIE.

As ‘n geliefde of vriend(in) gediagnoseer word met bulimie, kan jou ondersteuning en motivering ‘n baie belangrike rol speel in die aanvaarding en hantering van hul diagnose. Hier is riglyne hoe jy ‘n individu kan bystaan:


  • Wees geduldig. Mense wat onder ‘n eetversteuring gebuk gaan, het nie altyd die vermoë om te sê hoe hulle voel of wat hulle ervaar nie. Gee hulle ‘n kans om eers gewoond te raak aan die diagnose en om geleidelik ‘n konkrete plan te kan uitwerk van hoe hulle lewe van nou af bestuur gaan word.
  • Wees ingelig deur kennis op te bou oor bulimie. Hoe meer jy en jou geliefde, familielid of kollega van die siekte weet en verstaan, hoe meer kan julle saamwerk aan hoe jy die persoon gaan ondersteun en hoe julle die siekte gaan bestuur.
  • Vra wat jou geliefde van jou nodig het. ‘n Mens kan maklik dink jy weet wat die beste vir ‘n ander persoon is, maar die maklikste is om te vra hoe hy of sy wil hê jy moet optree.
  • Luister, eerder as om konstant advies te gee of met logika te probeer redeneer. Dit is belangrik dat die persoon self verantwoordelikheid neem vir die siektetoestand en die effek wat dit op sy of haar lewe gaan hê. Wanneer iemand keuses namens iemand anders maak, kan dit dalk veroorsaak dat die persoon afhanklik raak van die helper en dan nie self die siekte wil beveg nie. Dit is nie jóú siektestoestand nie, maar jou geliefde s’n. Luister is wel ‘n wonderlike manier om jou geliefde te ondersteun.
  • Leer ken die simptome sodat jy vroegtydig kan optree. Almal se simptome van bulimie manifesteer nie op dieselfde manier nie, so dit is baie belangrik om te verstaan hoe die persoon in jou lewe se simptome manifesteer. Wanneer jou geliefde byvoorbeeld aansienlik minder begin eet as ander tye, dikwels braak of óóroefen, kan jy solank sekere maatreëls begin toepas.
  • Doen fisieke aktiwiteite saam met die individu. Dit is nie net ‘n cliché dat gereelde oefening mense met sielkundige diagnoses help nie. Dit verlig spanning en angstigheid, en help met die produksie van oodragstowwe wat lae gemoed beveg. Gereelde oefening is dus eintlik ‘n suksesvolle anti-depressant. Onthou wel dat oefening beperk of gestop moet word in gevorderde stadiums van bulimie om verdere gewigsverlies te voorkom.
  • Moedig ‘n gesonde eet- en slaappatroon aan. ‘n Gevestigde roetine help nie net die persoon om hul siekte te bestuur nie, maar help ook om tekens/simptome vroegtydig raak te sien.
  • Kyk mooi na jouself! Onthou, ‘n persoon met gediagnoseerde bulimie in jou lewe kan jou ook negatief beïnvloed deur jou te betrek by hul versteuring. Om saam met ‘n persoon te leef wat gediagnoseer is met bulimie kan frustrerend, uitputtend en soms chaoties voel. Maak tyd vir jouself ook.

OOR-EET (BINGE EATING)

Die persoon wat aan oor-eetversteuring ly, verloor gereeld beheer oor die hoeveelheid wat hy of sy eet, maar verskil van die bulimie-lyer in dié opsig dat hy of sy nie daarvoor probeer kompenseer nie. Die meeste mense wat hieronder gebuk gaan, sukkel normaalweg ook met oormatige gewig, vetsug en gepaardgaande fisieke probleme. Eetversteurings is ingewikkeld om te verstaan, en die oorsake daarvan kan nie met sekerheid vasgestel word nie. ‘n Lae selfbeeld, sielkundige probleme in die gesin en traumatiese gebeure in die verlede, veral seksuele molestering, speel ‘n rol. Die media (televisie en films) wat meestal ‘n “ideale” beeld voorhou van hoe ‘n mens “veronderstel is om te lyk”, bv. in die modelwệreld, kan ‘n bykomende oorsaak wees.

Het jy geweet?

  • Oor-eetversteuring is in 1959 deur Albert Stunkard (psigiater) as night eating syndrome beskryf.
  • Die terme Binge eating disorder is geskep om soortgelyke gedrag te beskryf (sonder nagtelike aspekte).

Binge Eating Disorder (BED) word uitgeken aan kompulsiewe oor-eet sessies, die inname van ‘n abnormale hoeveelhede kos sonder om te stop, en ‘n verlies aan beheer. Hierdie sessies word as oor-eetepisodes geklassifiseer as hulle ‘n minimum van twee keer per week voorkom en vir ten minste ses maande aanhou.

Navorsing oor die toestand duur steeds voort, maar ‘n kombinasie van medikasie en pisgoterapeutiese behandeling (om ‘n sielkundige te gaan spreek), kan die simptome grootliks verlig en lewenskwaliteit verbeter.

Belangrik

Ons almal eet soms te veel op een slag, selfs oor ‘n relatief lang tydperk, maar dit beteken nie dat ons almal gedignoseer kan word met oor-eetversteuring nie. Dis egter belangrik om jouself of jou geliefdes dop te hou as ligte tekens meer gereeld voorkom, want oor-eetversteuring is ‘n toestand wat geleidelik aankom en stelselmatig kan vererger.

WAT IS DIE SIMPTOME VAN OOR-EET?

Oor-eet is ‘n diagnoseerbare mediese toestand, met ‘n lys van simptome waaraan voldoen moet word voordat ‘n spesialis dit kan diagnoseer.

Die volgende simptome is ‘n aanduiding, gegrond op die Diagnostical and Statistical Manual of Mental Disorders, wat wêreldwyd aanvaar word as die gesaghebbendste bron.Om diagnoseerbaar te wees moet jy ten minste twee simptome uit die volgende lys hê, vir 'n tydperk van ten minste ses maande:


Wenk

Individue wat oor-eet, ervaar verleentheid en skuld oor hul eetgewoontes; daarom kan simptome soms goed weggesteek word.
  • Voortdurend eet, selfs al is jy versadig.
  • Onvermoë om op te hou eet of om te beheer wat ingeneem word
  • Opgaring van voedsel om in ‘n later stadium wanneer jy alleen is in te neem.
  • Eet normaal in sosiale situaties, maar oor-eet in isolasie.
  • Gevoelens van stres en angstigheid wat net verlig word deur oor-eetepisodes.
  • Ervaring van gevoelloosheid of sensasieverlies gedurende ‘n oor-eetepisode.
  • Ervaar nooit versadiging: ‘n onbevredigde gevoel, ongeag die hoeveelheid voedsel wat ingeneem word.

Belangrik

Die gevolge van oor-eet hou baie fisieke, sosiale en emosionele probleme in. Sommige van die komplikasies is:
  • Kardiovaskulêre probleme
  • Tipe 2 Diabetes
  • Insomnia of slaapapnee
  • Hipertensie
  • Galblaasprobleme
  • Spier- en gewrigpyn
  • Depressie en/of angs

BEHANDELING VAN OOR-EET

1. Hoekom is behandeling nodig vir oor-eet?
Professionele ondersteuning deur sielkundiges, psigiaters en dieetkundiges is meestal die doeltreffendste manier om eetversteurings te behandel. ‘n Behandelingsplan raak aan onderliggende aspekte wat geassosieer word met vernietigende eetpatrone. Dis belangrik om na emosionele snellers te kyk. Gesonde hanteringsmeganismes kan tydens behandeling aangeleer word.

Wat kan EK doen om my siekte te bestuur?

  • Bou kennis op oor bulimie (vra jou dokter, lees oor die siekte, vra vrae tot jy verstaan).
  • Gereelde fisieke oefening is ‘n suksesvolle anti-depressant, soos deur navorsing bewys.
  • Eet gesond.
  • Slaap genoeg.
  • Verminder stresfaktore sover dit binne jou beheer is.
  • Psigoterapie by ‘n opgeleide sielkundige kan jou belangrike vaardighede leer om bulimie te beheer.

2. Wie kan my of ‘n geliefde diagnoseer?
Omdat oor-eet so kompleks is, sou ons jou aanraai om jou slegs deur ‘n kliniese sielkundige of psigiater te laat toets en diagnoseer. Hulle is opgelei om tussen verskillende eetversteurings te onderskei.

3. Watter rol speel ‘n sielkundige in my behandeling?
‘n Sielkundige kan oor-eet diagnoseer en psigoterapeuties bahandel. Dit beteken hy of sy kan jou help verstaan wat jou diagnose is, hoe om daarmee saam te leef en hoe om ‘n strategie toe te pas wat tot gedragsverandering kan lei. ‘n Sielkundige in Suid-Afrika mag nie medikasie voorskryf nie en werk gewoonlik saam met ‘n psigiater in spanverband.

ADVIES VIR GELIEFDES EN FAMILIELEDE WAT SAAM MET IEMAND WOON OF WERK WAT GEDIAGNOSEER IS MET OOR-EET.

As ‘n geliefde of vriend(in) gediagnoseer word met oor-eet, kan jou ondersteuning en motivering ‘n baie belangrike rol speel in die aanvaarding en hantering van hul diagnose. Hier is riglyne hoe jy ‘n individu kan bystaan:


  • Wees geduldig. Mense wat onder ‘n eetversteuring gebuk gaan, het nie altyd die vermoë om te sê hoe hulle voel of wat hulle ervaar nie. Gee hulle ‘n kans om eers gewoond te raak aan die diagnose en om geleidelik ‘n konkrete plan te kan uitwerk van hoe hulle lewe van nou af bestuur gaan word.
  • Wees ingelig deur kennis op te bou oor oor-eet versteuring. Hoe meer jy en jou geliefde, familielid of kollega van die siekte weet en verstaan, hoe meer kan julle saamwerk aan hoe jy die persoon gaan ondersteun en hoe julle die siekte gaan bestuur.
  • Vra wat jou geliefde van jou nodig het. ‘n Mens kan maklik dink jy weet wat die beste vir ‘n ander persoon is, maar die maklikste is om te vra hoe hy of sy wil hê jy moet optree.
  • Luister, eerder as om konstant advies te gee of met logika te probeer redeneer. Dit is belangrik dat die persoon self verantwoordelikheid neem vir die siektetoestand en die effek wat dit op sy of haar lewe gaan hê. Wanneer iemand keuses namens iemand anders maak, kan dit dalk veroorsaak dat die persoon afhanklik raak van die helper en dan nie self die siekte wil beveg nie. Dit is nie jóú siektestoestand nie, maar jou geliefde s’n. Luister is wel ‘n wonderlike manier om jou geliefde te ondersteun.
  • Leer ken die simptome sodat jy vroegtydig kan optree. Almal se simptome van oor-eet manifesteer nie op dieselfde manier nie, so dit is baie belangrik om te verstaan hoe die persoon in jou lewe se simptome manifesteer. Wanneer jou geliefde byvoorbeeld aansienlik minder begin eet as ander tye, dikwels braak of óóroefen, kan jy solank sekere maatreëls begin toepas.
  • Doen fisieke aktiwiteite saam met die individu. Dit is nie net ‘n cliché dat gereelde oefening mense met sielkundige diagnoses help nie. Dit verlig spanning en angstigheid, en help met die produksie van oodragstowwe wat lae gemoed beveg. Gereelde oefening is dus eintlik ‘n suksesvolle anti-depressant.
  • Moedig ‘n gesonde eet- en slaappatroon aan. ‘n Gevestigde roetine help nie net die persoon om hul siekte te bestuur nie, maar help ook om tekens/simptome vroegtydig raak te sien.
  • Kyk mooi na jouself! Onthou, ‘n persoon met gediagnoseerde oor-eetversteuring in jou lewe kan jou ook negatief beïnvloed deur jou te betrek by hul versteuring. Om saam met ‘n persoon te leef wat gediagnoseer is met bulimie kan frustrerend, uitputtend en soms chaoties voel. Maak tyd vir jouself ook.

ALGEMENE INLIGTING OOR BEHANDELING VAN EETVERSTEURINGS

1. Hoekom is behandeling nodig vir eetversteurings?
Sonder die regte behandeling kan die simptome van eetversteurings geleidelik erger en erger raak. Eetversteurings kan op dié manier met ander siektes, bv. diabetes, vergelyk word. Albei vereis deurlopende farmakologiese behandeling (medikasie) en monitering deur ‘n professionele persoon, en die resultate is oor die algemeen heelwat beter as die persoon gereeld psigoterapie by ‘n sielkundige ontvang. Professionele behandeling is uiters belangrik vir enigiemand wat gediagnoseer is met ‘n eetversteuring omdat daar ‘n sterk chemiese onderbou van simptome is en dit moeilik is om die simptome onder beheer te hou (dit kan m.a.w. eskaleer) sonder medikasie en/of psigoterapie.

2. Wie kan my of ‘n geliefde diagnoseer?
Alle sielkundige diagnoses is kompleks; daarom raai ons jou aan om slegs deur ‘n kliniese sielkundige of psigiater getoets en gediagnoseer te word. Hulle is opgelei om tussen verskillende sielkundige versteurings met soortgelyke simptome te onderskei.

3. Watter rol speel sielkundige in my behandeling?
‘n Kliniese sielkundige kan enige sielkundige toestand diagnoseer en psigoterapeuties behandel. Dit beteken hy of sy kan jou help verstaan wat jou diagnose is, hoe om daarmee saam te leef en hoe om ‘n strategie toe te pas wat tot gedragsverandering kan lei. ‘n Sielkundige in Suid-Afrika mag nie medikasie voorskryf nie en werk gewoonlik saam met ‘n psigiater in spanverband.

4. Wat is die verskil tussen 'n huisdokter, kliniese sielkundige en psigiater?
Huisdokter:‘n Huisdokter studeer medies vir sewe jaar. Omdat hulle nie in die rigting van psigiatrie gespesialiseer het (soos ‘n psigiater) nie, het hulle slegs ‘n beperkte blootstelling aan die opleiding wat noodsaaklik is om mense met sielkundige/psigiatriese toestande te diagnoseer en te behandel. Jou huisdokter mag wel medikasie voorskryf, maar is ook eties verplig om ‘n pasïent te verwys na ‘n spesialis as dit nodig is.

Kliniese Sielkundige:‘n Kliniese sielkundige studeer menslike gedrag en psigoterapie, en moet in Suid-Afrika minstens ‘n meestersgraad hê (ses jaar +), met ‘n internskap en navorsing wat voltooi moet wees om te kan registreer. Dit is die persoon wat jou gaan help om jou sielkundige diagnose (soos eetversteuring) te verstaan en daarmee saam te leef.

Psigiater:‘n Psigiater studeer ook medies vir sewe jaar, maar spesialiseer verder in psigiatrie, naamlik die chemiese behandeling van afwykings wat met menslike gedrag te doen het. ‘n Psigiater is dus die dokter wat jou kan diagnoseer en die regte medikasie kan voorskryf vir jou sielkundige toestand. Die verwysing na “sielkundige toestande” of “psigiatriese toestande” is presies dieselfde.

5. Is daar ‘n spesifieke soort sielkundige wat ek moet sien?

In Suid-Afrika bestaan daar tans vyf verskillende kategorieë of spesialis-areas waarbinne alle sielkundiges moet registreer:

  • Kliniese sielkundige
  • Voorligtingsielkunde
  • Opvoedkundige sielkunde
  • Bedryfsielkunde
  • Navorsingsielkunde

Die verskillende kategorieë dui die spesialis-areas aan waarbinne sielkundiges volgense regulasies moet hou en aan etiese en wetlike vereistes moet voldoen. Slegs ‘n kliniese sielkundige kan volgens die HPCSA ‘n kliniese diagnose maak.

HPCSA: www.hpcsa.co.za

{ Hoe kan ons jou help? }

Vra ons span

Vra gerus vir die wie is ek?-span deur op die onderstaande skakel te druk. Jou vraag sal so gou as moontlik beantwoord word of maak gerus 'n afspraak by ons praktyk.

Vra die wie is ek?-span

Facebook