Frustrasie toleransie

RSG Potgooi
Luister na die
Frustrasie Toleransie
potgooi op RSG

Wanneer jou emosies, 'n situasie, iemand anders of jyself te veel raak, hoe reageer jy? Val jy uitmekaar? Ontplof jy van woede? Ontrek jy van almal? Al hierdie reaksies dui op jou frustrasie toleransie. Goeie nuus is, jy kan oefen om jou toleransie te verbeter, om sodoende moeilike omstandighede met meer beheer te hanteer.

Frustrasie Toleransie - VRAE aan jouself

Help jouself om ‘n tree te kan terugneem, om eers ‘n situasie te sien vir wat dit is, voor jy reageer.

Dit gaan nie so seer oor die antwoorde nie, maar die oefen!

Oefen om so gereeld moontlik hierdie vrae vir jouself af te vra wanneer jy in ‘n moeilike situasie verkeer/ervaar.

  1. Indien ek nie nou ingee aan hierdie gevoel nie, wat sal gebeur?
  2. Sê nou maar ek sit net 5/10min met hierdie ongemak (kwaad, hartseer, angs, depressie), wat sal gebeur?
  3. Kan ek op ‘n ander manier na hierdie situasie kyk, om ‘n meer realistiese of objektiewe perspektief te kry?
  4. As ek nou gaan reageer, gaan my reaksie rasioneel of irrasioneel wees?
  5. Is die gedrag wat ek nou wil uitleef (bv. ‘n belediging gee, skree, iets gooi ens.), inlyn met my waardes?
  6. Moet hierdie situasie NOU opgelos word, of kan dit 24 uur wag?
  7. Die manier hoe ek die situasie nou wil hanteer; gaan ek later spyt wees daaroor, of trots wees?