Delirium
Belangrik!
Indien 'n persoon vermoed dat hy/syself of geliefde aan delirium ly, is dit belangrik om te onthou dat die toestand behandelbaar is en so gou as moontlik die hulp van 'n professionele persoon inroep.

ALGEMEEN

Wat is delirium?

Delirium is die snel ontwikkelende, veranderende stand van verminderde bewustheid. Die persoon sukkel met bewustheid of fokus en het ten minste een defek in geheue, geaardheid, persepsie of taal.

Demensie verskil van delirium in dié opsig dat delirium ‘n vorm van demensie is.

Gewoonlik moet simptome van demensie vir ten minste 6 maande voorkom om ‘n diagnose te kan maak. As die verlies aan kognitiewe vermoë korter duur, praat ons van delirium. Veral in later stadia van demensie kom persone wat hieraan ly gedisorïenteer voor. Hulle het ook nie ‘n goeie idee van tyd (bv. die dag van die week), ruimte (bv. waar hulle is) en persone (bv. wie hulleself en ander is) nie.

SIMPTOME

Wat is die simptome van delirium?

Die volgende simptome is ‘n aanduiding, gegrond op die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM–5), wat wêreldwyd aanvaar word as die mees gesaghebbende bron. Let asb. daarop dat ‘n amptelike diagnose slegs deur ‘n gekwalifiseerde persoon gemaak mag word.

  1. Vermindering in bewustheid en aandag, vergesel deur
  2. ‘n soort bykomende kognitiewe tekort, soos probleme met oriëntasie, geheue, taal, persepsie of visueel-ruimtelike kapasiteit.

Die intensiteit van hierdie simptome is geneig om te wissel gedurende die loop van die dag.

BEHANDELING

Behandeling van delirium

  1. Is behandeling noodsaaklik wanneer dit kom by delirium?
    In menige gevalle kan delirium nie noodwendig suksesvol gekeer of behandel word nie, veral as dit in 'n later stadium gediagnoseer word. 'n Kombinasie van sielkundige en psigiatriese behandeling is egter uiters belangrik omdat mense met delirium toenemend sukkel om na hulleself om te sien en die wêreld rondom hulle te bestuur. In uiterste gevalle is die beste vorm van behandeling permanente sorg.
  2. Hoekom is behandeling nodig vir delirium?
    Soos met enige toestand, kan behandeling ten minste die persoon se lewenskwaliteit verbeter. In menige gevalle kan toepaslike behandeling die simptome van delirium verbeter of selfs beheer. Mense met ernstige grade van kognitiewe agteruitgang kan ook 'n groot fisieke gevaar vir hulleself of ander inhou, deur byvoorbeeld te vergeet om 'n stoof af te skakel of 'n deur te sluit.
  3. Wie kan my of 'n geliefde diagnoseer?
    Omdat delirium 'n neurologiese basis het kan 'n aanvanklike diagnose net deur 'n algemene praktisyn, kliniese sielkundige of psigiater gemaak word. Hulle is opgelei om te kan onderskei tussen verskillende sielkundige versteurings wat baie soortgelyke simptome mag hê. In die meeste gevalle sal 'n neuroloog noodsaaklik wees om die diagnose te bevestig, asook om deel te wees van die behandeling.
  4. Wat is die verskil tussen 'n huisdokter, kliniese sielkundige en psigiater?
    Huisdokter:'n Huisdokter studeer medies vir sewe jaar. Omdat hulle nie in die rigting van psigiatrie gespesialiseer het (soos 'n psigiater) nie, het hulle slegs 'n beperkte blootstelling aan die opleiding wat noodsaaklik is om mense met sielkundige/psigiatriese toestande te diagnoseer en te behandel. Jou huisdokter mag wel medikasie voorskryf, maar is ook eties verplig om 'n pasïent te verwys na 'n spesialis as dit nodig is.
  5. Kliniese Sielkundige:'n Kliniese sielkundige studeer menslike gedrag en psigoterapie, en moet in Suid-Afrika minstens 'n meestersgraad hê (ses jaar +), met 'n internskap en navorsing wat voltooi moet wees om te kan registreer. Dit is die persoon wat jou gaan help om jou sielkundige diagnose (soos posttraumatiese stresversteuring) te verstaan en daarmee saam te leef.
  6. Psigiater:'n Psigiater studeer ook medies vir sewe jaar, maar spesialiseer verder in psigiatrie, naamlik die chemiese behandeling van afwykings wat met menslike gedrag te doen het. 'n Psigiater is dus die dokter wat jou kan diagnoseer en die regte medikasie kan voorskryf vir jou sielkundige toestand. Die verwysing na “sielkundige toestande” of “psigiatriese toestande” is presies dieselfde.
  7. Is daar 'n spesifieke soort sielkundige wat ek moet sien?
    In Suid-Afrika bestaan daar tans vyf verskillende kategorieë of spesialis-areas waarbinne alle sielkundiges moet registreer:
    1. Kliniese sielkundige
    2. Voorligtingsielkunde
    3. Opvoedkundige sielkunde
    4. Bedryfsielkunde
    5. Navorsingsielkunde

    Die verskillende kategorieë dui die spesialis-areas aan waarbinne sielkundiges volgense regulasies moet hou en aan etiese en wetlike vereistes moet voldoen. Slegs 'n kliniese sielkundige kan volgens die HPCSA 'n kliniese diagnose maak.

    Slegs 'n kliniese sielkundige kan volgens die HPCSA 'n kliniese diagnose maak. 'n Neuroloog of psigiater in samewerking met 'n sielkundige wat spesialiseer in neurologiese sielkunde, is egter die aangewese professionele persone in die geval van kognitiewe versteurings.

ADVIES

ADVIES VIR GELIEFDES EN FAMILIELEDE WAT SAAM MET IEMAND WOON OF WERK WAT GEDIAGNOSEER IS MET delirium.

As 'n geliefde of vriend(in) gediagnoseer word met delirium, kan jou ondersteuning en motivering 'n baie belangrike rol speel in die aanvaarding en hantering van hulle diagnose. Hier is riglyne hoe jy 'n individu kan bystaan:

  1. Wees geduldig. Mense wat onder die aanslag van delirium verkeer, het nie altyd die vermoeë om te sê hoe hulle voel of wat hulle ervaar nie. Gee hulle 'n kans om eers gewoond te raak aan die diagnose en om geleidelik 'n daadwerklike plan te kan uitwerk om hulle lewe van nou af te bestuur. Onthou dat die versteuring waarskynlik geleidelik gaan vererger en dat die indvidu wat daarmee gediagnoseer is geen beheer daaroor het nie.
  2. Wees ingelig oor delirium. Hoe meer jy en jou geliefde, familielid of kollega van die siekte weet en verstaan, hoe meer kan julle saamwerk aan 'n plan om die persoon te ondersteun en die siekte te bestuur.
  3. Vra wat jou geliefde wat van jou verwag word. 'n Mens kan maklik dink jy weet wat die beste vir 'n ander persoon is, maar die maklikste is om te vra hoe hy of sy wil hê jy moet optree.
  4. Luister na hom of haar, en moenie konstant raad gee of met logika probeer redeneer nie. Dit is belangrik dat die persoon self verantwoordelikheid neem vir die siektetoestand en die effek wat dit op sy of haar lewe gaan hê. Wanneer iemand keuses namens iemand anders maak, kan dit dalk veroorsaak dat persone afhanklik raak van jou en dan nie self die siekte wil beveg nie. Dit is nie jóú siektestoestand nie, maar jou geliefde s’n. Luister is wel 'n wonderlike manier om jou geliefde te ondersteun.
  5. Leer ken die tekens en die simptome sodat jy vroegtydig kan optree. Almal se simptome van delirium manifesteer nie op dieselfde manier nie, so dit is baie belangrik om te verstaan hoe die persoon in jou lewe se simptome manifesteer. Wanneer jou geliefde byvoorbeeld skielik aansienlik meer kognitiewe disfunksie ervaar as ander tye, kan jy solank voorafbeplande maatreëls begin toepas.
  6. Neem deel aan fisieke aktiwiteite saam met die individu. Dit is nie 'n cliché dat gereelde oefening mense met sielkundige diagnoses help nie. Oefening verlig spanning en angstigheid, en help met die produksie van oordragstowwe wat lae gemoed beveg. Gereelde oefening is dus eintlik 'n suksesvolle antidepressant.
  7. Maak baie seker dat jy verstaan watter behandeling (asook tipe medikasie) toegepas word, sodat jy dit kan ondersteun. Moedig 'n gesonde eet- en slaappatroon aan. 'n Gevestigde roetine help nie net die persoon om hul siekte te bestuur nie, maar help ook om tekens/simptome vroegtydig raak te sien.
  8. Kyk mooi na jouself! Onthou, 'n persoon met gediagnoseerde kognitiewe versteuring kan jou ook negatief beïnvloed deur jou by hul versteuring te betrek. Om saam met 'n persoon te leef wat gediagnoseer is met kognitiewe versteuring kan frustrerend, uitputtend en soms chaoties voel. Maak tyd vir jouself ook.

{ Hoe kan ons jou help? }

SADAG

Hierdie organisasie het'n kragtige span psigiaters, sielkundiges
en algemene praktisyns. Kontak hul
tolvrye 24-uur-hulplyn
by 0800 12 13 14
Kontak SADAG

Good Hope

Die Good Hope Psychological Service (GHPS) word vir staatspasiënte vanaf die Stellenbosch Hospitaal, asook die TC Newman-hospitaal in die Paarl, bedryf. Kontak hulle by 021 887 7913
Kontak Good Hope

Het jy 'n vraag

Het jy ‘n vraag vir ‘n professionele persoon? Stuur jou vraag hier en iemand sal jou so gou moontlik kontak. Hierdie is 'n gratis diens wat ons aanbied aan die Suid-Afrikaanse publiek. Alle briewe word vertroulik hanteer.

Facebook

NOODMAATREËLS

Indien jy of ‘n geliefde sukkel met geestesgesondheidsprobleme, stel ons die volgende opsies voor:
  1. skakel jou huisdokter (indien beskikbaar);
  2. gaan na jou naaste hospitaal se noodeenheid;
  3. skakel een van die volgende noodnommers: SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep) se 24-uur-hulplyn: 0800 12 13 14 of selfdoodkrisislyn: 0800 567 567; of
  4. kontak die Wie is ek?-sentrum.