Outisme
|
Belangrik!
Indien 'n persoon vermoed dat hy/syself of geliefde aan outisme ly, is dit belangrik om te onthou dat die toestand behandelbaar is en so gou as moontlik die hulp van 'n professionele persoon inroep.
|
ALGEMEEN
WAT IS OUTISME EN ASPERGERSINDROOM?
Outisme is 'n ontwikkelingsversteuring wat gekenmerk word deur onttrekking van ander mense, herhalende gedrag en vrees vir verandering in die omgewing. Die versteuring belemmer die brein se vermoë om inligting te ontvang en te verwerk. Dit is 'n versteuring wat neurologiese ontwikkeling benadeel, en begin gewoonlik in die babastadium of vroeë kinderjare. Die toestand is chronies en word gekenmerk deur gebrekkige sosiale interaksie en kommunikasie, asook deur beperkte belangstellings of herhalende gedrag. Daar is nog nie 'n'n volledige oplossing vir outisme gevind nie; daarom behels behandeling oorwegend die bestuur van simptome.
Aspergersindroom is die naaste aan outisme wat simptome en moontlike oorsake betref, maar met die verskil dat aspergerlyers se taalvermoë normaal ontwikkel.
SIMPTOME
WAT IS DIE SIMPTOME VAN OUTISMEVERWANTE STEURNIS?
Die volgende simptome is 'n aanduiding, gegrond op die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM–5), wat wêreldwyd aanvaar word as die mees gesaghebbende bron. Let asb. daarop dat 'n amptelike diagnose slegs deur 'n gekwalifiseerde persoon gemaak mag word.
'n Totaal van 6 of meer simptome van (A),(B) en C), met ten minste (2 van (A), en 1 elk van (B) en (C):
- 'n Duidelike belemmering in sosiale interaksie, soos aangedui deur ten minste 2 van die volgende:
- Sukkel om sekere gebare te maak, bv. oog-tot-oog staar, of om gesigsuitdrukkings en liggaamstaal in kommunikasie met 'n ander persoon te toon.
- Onvermoë om verhoudings op te bou wat toepaslik is vir die ouderdom van die kind rondom sy eie portuur.
- Spontane genot in 'n taak ontbreek, asook die vermoë om belangstellings of take wat suksesvol voltooi is met ander te deel.
- Gebrekkige vermoë om dinge aan die ouers uit te wys of om iets te gaan haal as daarvoor gevra word.
- Gebrek aan emosionele deel, bv. saamspeel met ander kinders.
- 'n Duidelike belemmering in kommunikasie, soos aangedui deur ten minste 1 van die volgende:
- Stadige of geen ontwikkeling in praat en taal.
- 'n Duidelike belemmering in die vermoë om 'n gesprek te begin of vol te hou met kinders wie se spraak wel ontwikkel het.
- Aanhoudende herhaling van dieselfde woorde.
- Gebrek aan spontane speel, soos gemeet teen ander kinders van dieselfde ouderdom.
- Beperkte, herhalende gedrag, belangstellings of aktiwiteite, soos gewys in ten minste 2 van die volgende:
- Buitengewone belangstelling in een of meer aktiwiteite, wat abnormaal in intensiteit en fokus is.
- Streng navolging van roetines of rituele wat geen klaarblyklike funksie het nie.
- Herhalende fisieke mannerismes, bv. 'n onwillekeurige gewaai van die hande of vingers, of ingewikkelde bewegings van die lyf.
- Volgehoue belangstelling in slegs sekere onderdele van voorwerpe.
BEHANDELING
BEHANDELING VAN OUTISME
- Wie moet my kind diagnoseer?
Enige psigiater of sielkundige wat daarin gespesialiseer het om met gedragsafwykings by kinders te werk. - Gaan my kind medikasie moet neem?
Nie noodwendig nie. Sommige medikasie help wel met aanverwante simptome, soos dié van depressie. - Wat gaan my kind se behandeling nog behels?
Dit is die ideaal dat die behandeling en bestuur van 'n kind wat met 'n outismeverwante versteuring gediagnoseer is, langtermyn sal wees. Dit behels ook 'n multispanbenadering. Afhangende van die graad (erns) van die diagnose, speel 'n psigiater, sielkundige, arbeidsterapeut en selfs dieetkundige 'n belangrike rol. - Watter rol speel die ouers in die behandeling van 'n outistiese kind?
Ouers word gewoonlik deel van die behandeling en bestuur omdat outistiese kinders gewoonlik permanente hulp met die bestuur van hul omgewings nodig het.
-
RSG Potgooi
Wat is ‘n ouer se opsies met terapie vir kinders? Wat gebeur in terapie, en hoe kan dit die kind en ouers baat? Met die toenemende aantal kinders wat angs en depressie beleef, is hierdie episode ‘n MOET.
NOODMAATREËLS
- skakel jou huisdokter (indien beskikbaar);
- gaan na jou naaste hospitaal se noodeenheid;
- skakel een van die volgende noodnommers: SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep) se 24-uur-hulplyn: 0800 456 789 of selfdoodkrisislyn: 0800 567 567; of
- kontak Wie is ek?