Die antwoord kan jou lewe verander.

wie is ek?

Wie is ek? se fokus is op die bespreking en verduideliking van menslike gedrag, sielkundige toestande en alle aspekte wat daarmee verband hou. Alles op ‘n uitgebereide platform wat ‘n weeklikse radioprogram (RSG 100-104fm), ‘n omvattende webwerf, kontaklys (van medies professionele persone) en ‘n daaglikse LIVE gesprekforum op sosiale media insluit.

“Ons se doel is om jou te help om jouself en jou omstandighede beter te verstaan, of om by die regte mense aan te klop vir hulp.” – Lise Swart (aanbieder en vervaardiger van Wie is ek?)

LAUNCH VAN ONS NUWE PROJEK!!
Die eerste deel van Wie is ek? se SASL vertaling is nou beskikbaar!!

"Helping one person may not change the world, but it could change the world for one person" - anonymous

Insamewerking met die US Handlab en die Universiteit van Stellenbosch stel Wie is ek? inligting beskikbaar aan die Dowe gemeenskap in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL). Vandag launch ons die eerste deel van die projek en is baie opgewonde daaroor! Dit is vir ons 'n groot eer om deel te wees van hierdie projek. Kyk en 𝐃𝐄𝐄𝐋/𝐒𝐇𝐀𝐑𝐄 asseblief met soveel mense moontlik!

Slide
PlayPlay
Slide
PlayPlay
Slide
Wie is ek? Blog
Algemene veranderinge in die konteks van Covid

Dit is duidelik dat COVID-19 die wêreld soos ons dit ken, permanent verander het. Die mensdom sal nooit weer op dieselfde manier dink aan rituele soos om mekaar ‘n handdruk te gee nie.
Lees verder...

Understanding Anxiety in the time of COVID-19

The sudden occurrence of a pandemic like COVID-19 is a harsh reminder that we actually are not in control of our environment and that unexpected things can happen at any moment this provokes excessive anxiety.
Lees verder...

Die kwessie van demensie

In “Vergeet om my te vergeet” sing Laurika Rauch van haar verlange na ‘n geliefde en die belang van onthou en nie te vergeet nie. Dit is die onthou wat liefde vashou, en in die vergeet wat ons mekaar verloor.
Lees verder...

'n Virtuele rooi suigstokkie vir my kleinkind

ʼn Grootouer word gebore wanneer ʼn kleinkind gebore word. Die verkryging van die eretitel: Ouma of Oupa, word deur talle grootouers gesien as een van die mees betekenisvolle gebeurtenisse in hulle lewens.
Lees verder...

Het jy 'n vraag?

Het jy ‘n vraag vir ‘n professionele persoon? Stuur jou vraag hier en iemand sal so gou moontlik na jou toe terug kom. Hierdie is ‘n diens wat ons verniet aanbied aan die Suid-Afrikaanse publiek. Alle briewe word as vertroulik hanteer.

Facebook

SADAG

Hierdie organisasie het 'n kragtige span psigiaters, sielkundiges en algemene praktisyns. Kontak hul tolvrye 24-uur-hulplyn by
0800 12 13 14
Kontak SADAG

Good Hope

Die Good Hope Psychological Service (GHPS) word vir staatspasiënte vanaf die Stellenbosch Hospitaal, asook die TC Newman-hospitaal in die Paarl, bedryf. Kontak hulle by 021 887 7913
Kontak Good Hope

Leer ken jouself beter!
Die vraelyste wat ons plaas, is slegs bedoel om ‘n aanduiding te gee of 'n individu dalk tekens toon van, of kan baat vind by behandeling of terapie vir 'n geestestoestand. Ons beveel sterk aan dat enige aanduiding van 'n geestesgesondheidstoestand waarop die resultaat van 'n vraelys moontlik mag dui, opgevolg behoort te word met 'n volledige ondersoek én diagnose deur ‘n professionele sielkundige of psigiater.
Noodmaatreëls
Indien jy of ʼn geliefde ʼn noodsituasie beleef, stel ons die volgende opsies voor:
  1. skakel jou huisdokter (indien beskikbaar);
  2. gaan na jou naaste hospitaal se noodeenheid; of
  3. skakel SADAG se
    24-uur-hulplyn: 0800 456 789, of
    selfdoodkrisislyn: 0800 567 567

Het jy Wie is ek? LIVE gesprekke gemis? Volg die skakel

20200603Narsisme
PlayPlay
20200602Geheue
PlayPlay
20200528Grense
PlayPlay
20200604Outisme
PlayPlay
YouTube video
PlayPlay
YouTube video
PlayPlay
YouTube video
PlayPlay
previous arrow
next arrow
20200603Narsisme
PlayPlay
20200602Geheue
PlayPlay
20200528Grense
PlayPlay
20200604Outisme
PlayPlay
YouTube video
PlayPlay
YouTube video
PlayPlay
YouTube video
PlayPlay
previous arrow
next arrow

Wil jy graag weer na 'n Wie is ek? - RSG program luister?

Potgooi1.jpg

Wie is ek? - RSG
Vrydae 11:30-12:00

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Het jy 'n vorige program gemis of wil jy graag weer daarna luister. Volg net die skakel:
Wie is ek? RSG Potgooi

Lees meer oor COVID-19 in Suid-Afrika

coronavirus