Angs is 'n toestand wat almal van ons in sekere stadiums van ons lewens ervaar, al is dit net vir 'n paar minute. In sekere situasies is angs alledaags en gesond. As die liggaam egter hierdie angs "oordryf" (as daar nie regtig 'n logiese rede vir die angsgevoel is nie) praat ons van 'n angsversteuring (distress).
Kognitiewe Versteurings
Kognisie verwys na die brein se DENKE, m.a.w., die verwerking van inligting - meer spesifiek geheue, herwinning en die bestuur van inligting om kennis te stoor. Kognitiewe versteurings (delirium, demensie en alzheimer) is abnormaliteite in denke wat geassosieer word met tydelike of permanente breindisfunksie.
Eetversteurings
Eetversteurings verwys na toestande wat gekenmerk word deur onreëlmatige eetgewoontes, asook ‘n groot bekommernis oor gewig en liggaamsvoorkoms. Dit kan wissel van die beperking van kosinname tot oormatige kosinname, geforseerde braking, oormatige oefening en onnodige gebruik van purgasiemiddels.
Vrou Geestesgesondheid
In hierdie afdeling fokus ons op die ervarings van vroue op hul lewenspad en die onderlinge verhouding tussen haar geestesgesondheid, liggaam en hierdie ervarings. Die lewenspad van die vrou sluit gewoonlik bv. ervarings in aangaande die keuse van lewenstyl, 'n verhoudingsmaat en keuses rakende 'n beroep.
Kinders
Wanneer ‘n kind gediagnoseer word met ‘n versteuring, kan jou ondersteuning en motivering as ouer, familielid of selfs onderwyser‘n baie belangrike rol speel in die aanvaarding, bestuur en hantering van die diagnose. Dit verg die aanleer van vaardighede vir beide ouers en kind.
Persoonlikheidversteuring
Dit verskil van ander diagnoseerbare versteurings in dié opsig dat dit “deel” is van ‘n persoon, en nie iets wat die persoon “onder lede” het nie. As ‘n mens ‘n dit kan vergelyk met ‘n fisieke toestand, kan dit dus eerder met ‘n rare oorerflike siekte as ‘n tydelike toestand soos verkoue vergelyk word.
Breuk met Realiteit
‘n Klein persentasie van die samelewing ervaar ‘n breuk met die realiteit, wat veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat nie vir die meeste ander mense bestaan nie. ‘n Persoon met psigose ervaar ‘n ander realiteit en hallusineer. Skisofrenie word gekenmerk word deur ‘n gebrek aan logiese denkprosesse.
Mans Geestesgesondheid
In hierdie afdeling fokus ons op mansgeestesgesondheid wat verwys na die sielkundige welstand van mans en sluit in hoe verskillende lewensfases en -fasette soos onder meer werk, verhoudings, liggaamlike gesondheid en veroudering hulle affekteer.
ʼn Gemoedsversteuring is ʼn versteuringspatroon wat ontstaan as gevolg van ʼn abnormale gemoed. Die meeste persone met ʼn gemoedsversteuring ervaar in stadiums depressie, maar sommige persone ervaar ook skommelinge in gemoed (“op-en-af”-gevoel). Die term GEMOED verwys na hoe die persoon VOEL.
Verslawing
Wanneer ‘n persoon ‘n middel inneem (bv. alkohol of dwelms) of deelneem aan ‘n genotvolle aktiwiteit (bv. eet, dobbel, seks) waar herhaalde betrokkenheid by die middel of aktiwiteit kompulsief raak en die normale funksionering van die persoon beïnvloed, praat ons van verslawing.
Impuls Beheer
Dit behels probleme met die regulering van gedrag en/of emosies. Vreemde gedrag vind op die ingewing van die oomblik plaas óf die gedrag kan beplan wees. Dit kan soms gebeur dat hierdie gedrag toevallig teen die wet is, met ernstige gevolge vir die oortreder of ander mense.
Louis Awerbuck
Louis Awerbuck
Kliniese sielkundige
Stellenbosch
Vir meer inligting oor die skrywer

Algemene veranderinge in die konteks van Covid

Dit is duidelik dat COVID-19 die wêreld soos ons dit ken, permanent verander het. Tydens Maart 2020 het die meeste mense gedink dat die effek van COVID-19 teen Augustus 2020 verby sou wees. Toe dit blyk om nie die geval te wees nie, was die hoop en vertroue darem daar dat 2021 verligting sou bring. Dit is egter nou vir die meeste mense duidelik dat die pandemie die manier hoe ons na die wêreld om ons kyk, onherroeplik verander het. Al stabiliseer die mediese- en ekonomosie implikasies van die virus uiteindelik, sal die mensdom nooit weer op dieselfde manier dink aan byvoorbeeld sosiale geleenthede, sport byeenkomste of rituele soos om mekaar ‘n handdruk te gee, as voor Maart 2020 nie.

Afgesien van die sielkundige impak van die voorkoms van die virus self, kan die permanente algemene verandering in mense se lewensuitkyk wat COVID-19 teweeg gebring het, nie sielkundig onderskat word nie. Navorsing dui daarop dat groot lewensveranderinge oor die algemeen vir baie mense intens stresvol kan wees. Om nie meer met kollegas by die werk te kan tee drink nie, of jou gunsteling sport wedstryde te kan kyk nie, veroorsaak dat vele mense ‘n verlies in kontrole van hulle omstandighede ervaar. As mense nie in beheer is van die verandering wat om hulle gebeur nie, het dit omtrent altyd ‘n negatiewe sielkundige effek – bloot omdat die verandering nie jou keuse was nie. Vir hierdie rede kan selfs positiewe veranderinge vir ons soms ongemaklik maak! As mense is ons amper “neurologies geprogrameer” om ‘n negatiewe vooroordeel teen opsigte van verandering te hê. Dit beteken dat die meeste mense ‘n irrasionele oortuiging of geloof het dat verandering (oor die algemeen en in die meeste omstandighede) negatiewe gevolge sal hê eerder as positiewe gevolge. Massiewe veranderinge, soos diegene wat deur COVID-19 teweeg gebring is, verhoog dus ons oortuiging dat ons oor die algemeen permanent “slegter” af gaan wees. Hierdie oortuiging verhoog mense se algemense stres, wanhoop en bekommernis; wat natuurlik nog groter druk sit op ons vermoë om al die uitdagings van die lewe die hoof te kan bied.

Die negatiewe sielkundige reaksies wat gewoonlik die gevolg van groot (en veral onverwagse) veranderinge is, behels oor die algemeen twee tipe reaksies: Eerstens roep dit bekende emosies op soos woede, frustrasie, angs, wanhoop en hartseer. Tweedens behels die sielkundige reaksies op verandering ook gewoonlik innerlike ervarings soos ‘n verlies aan selfvertroue, onsekerheid oor eie rolle (bv. as eggenoot of kollega), en in ekstreme gevalle, die bevraagteken van die sin van die lewe self.

Die realiteit is dat alles verander. As dit nie COVID-19 was nie, sou ander faktore weldra begin bydra het dat die manier hoe mense na sosiale interaksie en gesondheid kyk, in ons leeftyd sou verander. Die verandering wat COVID-19 op soveel areas van die meeste mense se lewe forseer het, het defnitief ons standaard van lewe vir nou negatief beïnvloed. Dit gee egter ook vir ons op ‘n individuele, maar ook kollektiewe vlak, die geleentheid om ons huidige manier van doen te evalueer en te verander. Dit word algemeen aanvaar dat die mensdom as geheel al lankal beter keuses moes maak en wyser besluite moes neem. As ons dus aanvaar dat verandering die reël is en nie die uitsondering nie, kan ons dalk ook die geleenthede vir sosiale en sielkundige verandering benut wat ontstaan het as gevolg van die COVID-19 virus en die gevolglike pandemie.

Artikels van skrywer

Obsessive-Compulsive behaviour increases as a result of COVID-19
OCD behaviour increases as a result of COVID-19

The symptoms of people struggling with OCD can worsen considerably due to how they experience the pandemic. Individuals who obsessed with cleanliness before the onset of COVID-19 will especially be affected.

Die siekte van ons tyd
Die siekte van ons tyd

Wêreldwyd word gepraat van ‘n “depressie-epidemie”, en alhoewel hierdie gemoedstryd so algemeen in ‘n modern wêreld geword het, lyk dit asof mense nog nie besef hoe gevaarlik die toestand is nie.

A Rational Relationship
A Rational Relationship

Human beings are more irrational than rational. Put in different terms, the reason/s why people act the way they do are more than often not logical and cannot be explained rationally.

Stigmatising in the time of COVID-19
Stigmatising in the time of COVID-19

It seems that the problem of stigmatisation is more far-reaching than most people are aware of. In several communities it is increasingly reported that individuals with symptoms...

Skisofrenie
Skisofrenie

Daar bestaan baie wanopvattings oor skisofrenie, asook wat die term “skisofrenie” eintlik beteken. Baie van hierdie wanopvattings bestaan omdat skisofrenie ‘n ingewikkelde siekte is om te verstaan, asook om te diagnoseer.

Overeating escalates during pandemics like Covid-19
Overeating escalates during pandemic

During May 2020, the data analysis company Ipsos conducted a large online poll among South Africans. Individuals were asked which psychological difficulties they experienced as a result of Covid-19.

Middeljare krisis
Middeljare krisis

Die sogenaamde middeljare is die tydperk waartydens die meeste mense begin gekonfronteer word met hulle sterflikheid, asook die wete dat daar nie eindelose produktiewe jare is wat voorlê nie.

previous arrow
next arrow