Rolle van die enkelma
|
Het jy geweet?
|
ALGEMEEN
Om 'n enkelma te wees
Daar was oor die afgelope dekades 'n aansienlike toename in die aantal enkelma’s. Daar kan verskillende redes hiervoor wees, maar hoe dit ook al sy, hierdie situasie bring unieke uitdagings. Vroue wat binne hierdie realiteit leef, voel telkens dat ander mense nie verstaan wat hulle ervaar nie, of dat hulle veroordeel word deur vroue wat wel lewensmaats het wat betrokke is.
Juis omdat die sosiale ondersteuning wat 'n enkelma nodig het anders is as dié van iemand wat binne 'n verhouding of huwelik staan, is spesiale aandag aan die geestesgesondheid van hierdie ma’s belangrik.
Dit word maklik aanvaar dat die ma se aandag en die aanwending van haar hulpbronne op haar kinders gefokus sal wees, en dit is goed so, maar die emosionele gesondheid van die ma het 'n direkte uitwerking op die kind. As die ma voel sy kan nie haar lewe “hanteer” nie, kan dit 'n direkte invloed op die kind hê.
PAS JOUSELF OP
Hoe versorg ek myself?
Die basiese beginsels van geestesgesondheid bly altyd waar.
- Fisieke versorging
Dit mag dalk 'n cliché wees, maar die beginpunt is altyd – maak seker dat jy genoeg slaap, rus, gesond (gebalanseerd) eet en gereeld oefen. Om aan hierdie vereistes te voldoen, verg meer kreatiwiteit van 'n enkelma omdat daar dalk minder ondersteuning is om dit moontlik te maak, maar miskien kan so 'n persoon, bv. 'n entjie tydens etenstyd by die werk gaan stap om oefening te kry. Kook oor naweke gesonde etes wat gevries kan word vir weekaande en spaar tyd deur onnodige aktiwiteite, bv. lang tye op sosiale media, wat tyd en energie vermors, uit te skakel.
PRAAT!
Praat!
Dit klink so eenvoudig as ons sê dat 'n mens moet praat, maar baie mense glo steeds dat hulle hul probleme en emosies vir hulself moet hou. Die resultaat is gewoonlik dat 'n persoon dinge opkrop en as gevolg daarvan negatiewe reaksies toon, bv. om liggaamlik siek word of ontoepaslike emosionele uitbarstings te hê.
Goeie vriende en/of familielede kan dalk goeie luisteraars wees met wie jy dinge kan deurpraat. Soms help hoe jy jou probleem verwoord jou om dinge vir jouself uit te klaar. Indien jy voel dat jy niemand het om mee te praat nie, of dat niemand verstaan nie, kan jy 'n sielkundige raadpleeg.
Praat met die regte persoon
Dit is maklik om probleme met jou kinders te bespreek omdat hulle waarskynlik die mense is met wie jy die meeste kontak het. Waak egter daarteen om volwasse sake met hulle te bespreek. Hoewel sekere kinders baie volwasse mag voorkom, is dit belangrik dat hulle in soverre dit moontlik is die emosionele verantwoordelikhede van die volwasse lewe op 'n vroeë ouderdom gespaar word en nie die ma se vertroueling is nie.
- Vra vir hulp
Soms is daar vriende en familie rondom jou wat hulp aanbied of graag betrokke wil wees, maar nie weet hoe nie. Indien jy gemaklik is met iemand en voel jy kan hulle vertrou, laat toe dat hulle ondersteuning bied wanneer jy dit nodig het. Die finale verantwoordelikheid berus wel by jou, maar wees ook bereid om gepaste hulp te vra en te aanvaar waar dit beskikbaar is. - Ouerleiding
Dit is nie altyd maklik om 'n kind of kinders op jou eie groot te maak nie. Selfs vir ouers wat binne 'n verhouding of huwelik is, is daar vele uitdagings. Gelukkig is daar talle leersame ouerskapkursusse en ouerleidingboeke beskikbaar. Indien jy voel dat jy begeleiding deur hierdie proses van ouerskap wil hê, of 'n plek nodig het om moeilike situasies in jou verhouding met jou kind of kinders uit te pluis, kan ’n sielkundige of 'n maatskaplike werker se professionele hulp waardevol wees. - Tyd vir pret
Roetine en struktuur binne 'n gesin is belangrik en skep 'n gevoel van sekuriteit by kinders. Dit is dus ook nodig dat daar tyd binne almal se besige programme ingeruim word om saam pret te hê en die samesyn te geniet. Dit hoef nie iets groots te wees of baie geld te kos nie, maar kan byvoorbeeld 'n DVD-aand tuis, kaart- of bordspeletjies, 'n piekniek of 'n stappie in die park wees. Hierdie aktiwiteite gee aan ons die geleentheid om ons “emosionele reservoirs” te hervul en sterkter bande met mekaar te smee. te hervul en sterkter bande met mekaar te smee.
HULP
Indien jy voel dat jy nodig het om met iemand te praat oor jou unieke uitdagings, kan jy 'n afspraak maak met 'n sielkundige in jou omgewing. Jy kan die volgende opsies oorweeg:
- vra jou huisdokter of naaste hospitaal vir 'n verwysing;
- besoek gerus een van die volgende webtuistes vir die besonderhede van 'n sielkundige in jou omgewing:
- jy kan ook die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) se 24-uur-hulplyn skakel by 0800 12 13 14.
NOODMAATREËLS
- skakel jou huisdokter (indien beskikbaar);
- gaan na jou naaste hospitaal se noodeenheid;
- skakel een van die volgende noodnommers: SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep) se 24-uur-hulplyn: 0800 456 789 of selfdoodkrisislyn: 0800 567 567; of
- kontak Wie is ek?